Minister of Mobility
What are the timelines set out by Prasa for the reopening of the entire Cape Town central line?
PRASA have indicated that they are working towards a full restoration of the Central Line by December 2023. However, this date is dependent on the relocation of illegal dwellings in the railway reserve, between Philippi and Langa. The relocation of these dwellings are essential to rebuild the track along this section, as the infrastructure has been completely compromised.
The Mobility Department is facilitating a temporary solution with PRASA and the City of Cape Town to clear the immediate rail envelope to allow trains to pass through.
PRASA have also indicated that they are on track with their “station restoration” programme along the Central Line. Contractors are on site and they are making good progress to rebuild the stations to a serviceable condition.
Wat die tydlyn is wat Prasa vir die heropening van Kaapstad se hele sentrale lyn vasgestel het?
Antwoord:
PRASA het aangedui dat hulle beoog om teen Desember 2023 die Sentrale Lyn volledig herstel te hê. Hierdie datum is egter afhanklik van die verskuiwing van onwettige wonings in die spoorwegreserwe, tussen Philippi en Langa. Die hervestiging van hierdie wonings is noodsaaklik om die spoor langs hierdie gedeelte te herbou, aangesien die infrastruktuur heeltemal in die gedrang is.
Die Mobiliteitsdepartement fasiliteer ’n tydelike oplossing met PRASA en die Stad Kaapstad om die onmiddellike spoorreserwe skoon te maak om treine deur te laat.PRASA het ook aangedui dat hulle op koers is met hul “stasie-herstel”-program langs die Sentrale Lyn. Kontrakteurs is op die terrein en hulle vorder goed om die stasies tot ’n bruikbare toestand te herbou.